Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ballade van die Nagtelike Ure " - N.P. van Wyk Louw
"Ballade van die Nagtelike Ure " - N.P. van Wyk Louw [boodskap #8005] Vr, 10 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ballade van die Nagtelike Ure
N.P. van Wyk Louw

Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart voor twee -
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter en verlee

op koel stoeptreetjies erens
waar ek 'n blink waterkraan sien,
in die ure van die donker dors
tussen twaalfuur en smorens om tien.

Om elfuur was jou liggaam
die honger en dors in my,
as jou skewe papier-kalot
ver deur die danssaal gly.

Om twaalfuur was jy 'n ligte brug,
'n hoëe, gevaarlike gang
bo my klein verwildering
tussen pyn en sterwe gehang.

Om eenuur was jou hare
vir my vingers 'n bose strik,
en jou lyf soos swart stil water
en jou asem soos 'n snik.

En nou het die m^ore my
oor die rand van sy glas gemors
op die stoep by die kraan wat blink
in die uur van die donker dors.
(1937)

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Ballade van die Nagtelike Ure" - N.P. van Wyk Louw
Volgende onderwerp: "Windsbruid" deur Henning Pieterse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:11:03 MGT 2024